
KOMMISSIES EN BEDIENINGE
Aktiwiteite binne die gemeente, asook buite die gemeente word deur die volgende kommissies en
bedieninge georganiseer.
Hier volg meer inligting oor die verskillende Kommissies en Bedieninge. Klik op die naam van die bediening om by die detail uit te kom
Getuienis- en uitreikbediening
Ons droom is om die gemeentevisie te bevorder: “Verlos, ter wille van die wêreld.” Die doel van die Getuienis- en Uitreikbediening is om die Gemeente te motiveer en te begelei om niks anders te wees nie as 'n instrument in die uitbreiding van God se Koninkryk in die wêreld.
Ons droom oor 'n Gemeente wat nie maar net ʼn paar uitreikaksies het nie, maar ʼn werklik gestuurde Gemeente is, wie se kernbesigheid die uitbreiding van die Koninkryk van God is, soos dit in ons gemeentevisie verwoord is. Die Kerk word in die Bybel as die liggaam van Christus geteken. Die kernbesigheid van hierdie liggaam is om instrument te wees in die aankondiging van die Koninkryk van God. Elke lidmaat van hierdie liggaam speel 'n onmisbare rol hierin. Ons glo dat die Here ons roep om al hoe meer by ons onmiddellike omgewing betrokke te wees en dat ons bewus van nuwe uitdagings moet wees.
Alhoewel lidmate oor die hele spektrum van die gemeente aangemoedig word om by projekte betrokke te raak, word die praktiese organisering en bestuur tussen Dias Oos en Dias Wes verdeel.
​
Voorsitter: Vakant
​
Hier is 'n paar van ons uitreikprojekte:
​
(1) MTR Smit Kinderoord
Verskeie NG Gemeentes is reeds jare lank by hierdie kinderoord in Port Elizabeth betrokke waar elk vir ʼn huis van sorg-behoewende kinders peetouer staan. Huis 6 is aan ons Gemeente toegeken en word tans bewoon deur 12 seuns tussen die ouderdomme van 11 en 16 jaar. Terwyl ons maandeliks finansiële hulp verleen, poog ons om ook andersins van diens te wees om so tot die sorg van die kinders by te dra.
Kontak: Lisette Grobler (083 304 6892)
​
(2) Sopkombuise
Klipfontein: 85 geïdentifiseerde behoeftige kinders kry vier dae per week sop en ʼn broodjie.
Hierdie projek is in samewerking met die VGK Boesmansrivier geloods en lidmate se ruim bydraes en betrokkenheid dra hierdie projek.
Kontak: Gert Immelman (082 449 9977).
​
(3) JOT Reading Club
JOT staan vir “Jesus, our Teacher”. Ons Gemeente is in vennootskap saam met ander kerke van
die Boesmansriviermond en Kenton-on-Sea omgewing. Dit is ʼn leesvaardigheidsprojek vir
80 graad 4-leerders van die Ikamvelasizwe School. Die Gemeente en individuele lidmate, dra
finansieel by.
Kontak: Ferdie Bergh (082 799 5303) en David Groenewald (082 900 7442)
​
(4) Madagaskar
Ons ondersteun die sendelingpaar, Dries en Lynette de Jager in Madagaskar.
Lynette bedryf ʼn Christenskooltjie, wat ons gemeente finansieel ondersteun. ʼn Tweede skooltjie is op ʼn eiland begin waar tans geen Christene woon nie. Kinderevangelisasie is dus die fokus van hierdie egpaar.
Kontakpersoon vakant.
​
(5) Evangelisasie-Trustfonds /Zithulele
In vennootskap met vyf ander gemeentes is ons betrokke by die befondsing van uitreike na die Transkei (Zithulele). Die vennootskap reik jaarliks twee keer uit na die gemeente in Zithulele. ʼn Bydrae tot die salaris van die leraar, ds. Ntlatywa, word ook uit hierdie fonds betaal.
Ons Leraar, ds. Wikus Venter, is een van die Trust se trustees.
Kontak: Ds. Wikus Venter (078 800 3353)
​
Kommunikasiebediening
Die doel van die Kommunikasiebediening:
-
om toe te sien dat relevante inligting op die regte tyd deurgegee word aan alle belanghebbendes;
-
om ondersteuning te bied aan alle ander bedieninge en aktiwiteite in ons gemeente; en
-
om belangstelling in mekaar by gemeentelede te prikkel, die omgee-proses uit te bou en sodoende almal deel te maak van God se huisgesin.
​​
Lief vir lees, taal, stories, skryf, proefleeswerk en/of ontwerp? Kontak ons gerus as jy wil deel word van die Kommunikasiespan.
Voorsitter tans vakant. Waarnemend ds. Wikus Venter (078 800 3353)
​
Werksaamhede van die Kommunikasiebediening:
​
(1) Nuusblad - Dias Nuus
Hierdie nuusblad verskyn minstens twee keer per jaar, en bevat artikels, stories en foto's oor dit wat in ons gemeente gebeur. Die redaksie moedig lidmate aan om bydraes te stuur.
Hier is die skakel na die nuutste uitgawe in PDF-formaat:
​
​
Vorige uitgawes, ook in PDF-formaat is op ons Dokumente bladsy beskikbaar.
​
​
​
Kontakpersone:
Esmé Bergh (Artikels, Gemeentenuus en –aktiwiteite). Sel: 074 420 0365. E-pos: sydneyjooste@gmail.com
Estelle Maree (Bladuitleg en foto’s) Sel: 083 456 3909 / E-pos: mareejh@telkomsa.net
​
(2) Weeklikse afkondigings
Gedrukte afkondigings word Sondae by die eredienste beskikbaargestel.
Jy kan die mees onlangse aankondigigings in PDF-formaat aflaai van die "Dokumente" bladsy.
​
Kontakpersone (om iets op die aankondigings te plaas)
Desmaré Williams Tel: (046) 624 3534 / E-pos: skriba@ngkdias.co.za
Wikus Venter (Voorbiddingslys) Sel: 078 800 3353 / E-pos: wikus@ngkdias.co.za
​
(3) SMS-diens
Lidmate word van tyd tot tyd per sms ingelig oor aktiwiteite in die gemeente.
Kontakpersoon:
Desmaré Williams Tel: (046) 624 3534 / E-pos: skriba@ngkdias.co.za
​
(4) Facebookblad
Ons poog om gereeld nuus op ons Facebookblad te plaas, en moedig lidmate aan om hieraan deel te neem. "Like" ons Facebookblad, en gesels saam.
​
Kontakpersoon:
Sanet Schoon Sel: 082 779 7739 / E-pos: schoonsanet@gmail.com
​
(5) Webwerf
Dis is vir ons belangrik dat ons webwerf op datum gehou word. Kontak assebief vir Desmaré Williams Tel (046) 624 3534 as jy hieroor vrae het.
​
(5) Kerkkalender
Die kommunikasiebediening publiseer jaarliks 'n indrukwekkende Kerkkalender.
Indien jy die kalender self in PDF-formaat wil aflaai, klink hier:
​
Kontakpersone:
Desmaré Williams Tel: (046) 624 3534 / E-pos: skriba@ngkdias.co.za
​
​
DVK (Diensverhoudingekommissie)Die DVK as kommissie van die Kerkraad sien om na alle personeelsake en lig die Kerkvergadering en/of personeel in t.o.v. toepasplike wetgewing, bepalings van die Kerkorde, personeelbeleid en personeelbestuurspraktyke. Diensverhoudinge in Dias gemeente word met groot verantwoordelikheid bestuur. Ons besef dat die wyse waarop ons na ons personeel omsien 'n getuienis na buite moet wees, ook van die uitlewing van ons visie.
​
Voorsitter: Sarel Marais (082 459 6658 / e-pos: sarelmarais52@gmail.com)
​
KAF (Kommissie vir Administrasie en Finansies)
Hierdie bediening skenk aandag aan twee belangrike sake:
​
(1) Administrasie: Die administratiewe funksionering van die Gemeente, met spesifieke aandag die gemeente se nakoming van die vereistes van wetgewing, bv. POPIA en PAPIA, asook aan die werk in die Kerkkantoor.
(2) Finansies: Die finansiële bestuur van die Gemeente. Hierdie is ʼn groot verantwoordelikheid. As rentmeesters moet dié bediening met verantwoordeilikheid die inkomste van die Gemeente aanwend - op so ʼn wyse dat die visie van die Gemeente gestalte kan kry.
Voorsitter: Sticks Stiglingh. Tel: (046) 624 3534 (Kontak via Kerkkantoor)
Kontakpersoon oor POPIA en PAPIA: Pierre Lotz (e-posadres: pierre@woodoc.com)
​
Erediensbediening
Ons wil saam met die leraar(s) van die gemeente verseker dat elke erediens of spesiale geleentheid tot eer van God ingerig word. Dit is geleenthede om met God en met mekaar gemeenskap te hê - saam te kuier!
Ons eredienste maak ruimte vir oud en jonk. Ons word geestelik versterk en leer God en mekaar beter ken. Ook hoe God ons in die wêreld uitstuur. Daar is ruim geleentheid vir lidmate om hulle tyd en gawes in dié bediening in te span: begeleiding, speel van ’n musiekinstrument, blommerangskikking, uitbeelding van simboliek, diensbeurte in die erediens, ens.
​
Dias Oos Erediensbediening
Voorsitter: Martin Boshoff 078 879 1440 (Sel)
Musiek en sang: Vakant
Simboliek en blommerangskikkings: Nellie Louw 074 416 1220 (Sel)
Data– en/of klankdiens: Sakkie Scheepers 072 683 7799(Sel)
Bediening van bv. dankoffers, Nagmaal, ens. : Nellie Louw 074 416 1220 (Sel)
​
Dias Wes Erediensbediening
Voorsitter: Irma Venter 046 654 0286 (huis); 082 650 7600 (Sel)
Deel jou gawes d.m.v. enige van die volgende diensgroepe:
Musiek en sang: (Orrelpos vakant) Anneli Venter i.s. begeleiding en sangleiding (073 735 4141)
Simboliek: Claret Kotze (083 244 8728).
Blommerangskikkings: Babs Meiring (082 967 3625)
Spesiale programme (bv Kersfees/Paasfees): Irma Venter (082 650 7600)
Data - en/of klankdiens: Marilette Steyn (083 287 0500)
Bediening van bv. dankoffers, Nagmaal, ens. : Marthie Barendse (083 248 3750)
​
Kersspel en Paasspel:
In Dias Wes word jaarliks 'n besondere Kersspel en Paasspel aangebied, ontwikkel en opgevoer deur ons eie lidmate.
Lees meer hieroor op die bladsy "Spesiale Geleenthede"
​
Kinder- en Jeugbediening
Die Jeugbediening word afsonderlik in Dias Oos en Dias Wes georganiseer, met ʼn gedeelde visie.
Die jeugleiers wil saam met die ouers vir die kinders ʼn warm vriendelike omgewing skep waarbinne hulle meer van die Here kan leer en as jong Christene in geloof kan groei. Elke kind en jongmens moet binne ons gemeente tuis voel.
Kinders en jongmense moet besef dat hulle voor God waardevol is en ook waarde tot ander se lewens kan toevoeg— oud en jonk. Ons droom van kinders en jongmense wat in staat is om die evangelie en die Bybel se lewensreëls met ander te kan deel.
​
Kinders in die Erediens:
Ons leraars maak seker dat kinders wat in die eredienste is tydens ʼn Kinderoomblik die kern van die Sondag se boodskap verstaan. (Ouer lidmate getuig dat dit vir hulle ook baie beteken.)
Kinderkerk vind net ná die Kinderoomblik plaas. In Dias Oos is dit vir die voorskoolse kinders, en in Dias Wes gaan die voorskoolse en laerskoolkinders na hulle eie byeenkoms.
Dias Oos: Kontak Desmaré Williams (046624 3534))
Dias Wes: Kontak Waldo Dreyer (082 952 1172)
​
Kategese: Voorskools - Gr. 6 verdaag ná die Kinderoomblik na die konsistorie vir kategese. Vir gr. 7 - 10 vind kategese tydens die erediens plaas.
​
Aktiwiteite en projekte word van tyd tot tyd aangepak:
-
Op Moedersdag en Vadersdag bedien die kinders die volwassenes met ’n peuselhappie en tee/koffie
-
Kinders in die naaste hospitaal kry besoek, met ʼn klein geskenkpakkie. Met die ouer kinders word bordspeletjies gespeel, en vir kleiner kinders word boeke voorgelees. Kontak Mariaan Stiglingh (072 718 5773)
-
Liefde Wen (Port Alfred Projek): Geskenk/Paasfees - liefdesbokse word opgemaak en gevul vir minderbe-voorregte kinders in Port Alfred, Station Hill en Nemato. Kontak Ryan Owsley (073 047 9864)
-
Saamkuiergeleenthede soos kinderkamp en ander uitstappies
​
Vir inligting kontak die onderskeie voorsitters:
Dias Oos: Desmaré Williams (046 624 3534)
Dias Wes: Waldo Dreyer (082 952 1172)
​
Eiendomsbediening
Die eiendomme van ʾn gemeente is waardevolle bates wat goed bestuur moet word. Die gemeente het drie belangrike eiendomme wat die aandag van die twee Eiendomsbedieninge vra:
​
Dias Oos:
Dias Oos se Eiendomsbediening neem verantwoordelikheid vir die instandhouding en opgradering van die Gemeentesentrum op Port Alfred. Die ou kerkgebou in die middedorp word tans aan Openbare Werke (Oos-Kaap Regering) verhuur en word deur die Saakgelastigde bestuur.
Kontak: Dirk de Kock (072 412 1472) (Gemeentesentrum)
Debbie Luies Tel: (046) 624 3534 (Ou Kerkgebou)
​
Dias Wes:
Dias Wes se Eiendomsbediening neem verantwoordelikheid vir onderhoudswerk aan die kerkgebou, toerusting en tuin in Boesmansriviermond.
Kontak: Natie Ferreira Tel: (046) 648 1726 / Sel: 082 821 2033)
​
Vrouebediening
Voorsitter Vrouebediening: (Voorsitter vakant)
Die Vrouebediening funksioneer nie tans afsonderlik nie. Spesiale geleenthede word van tyd tot tyd gereël en word via die afkondigingsblad op Sondae bekendgestel.
​
Barmhartigheidsbediening
Voorsitter: Ds. Wikus Venter neem tans leiding om hierdie bediening te organiseer. 'n Werkgroep in Dias Oos neem leiding. Meer inligting sal mettertyd beskikbaar wees.
​​
​