
SO MAAK MENS
Hier volg 'n paar praktiese reëlings wat jy dalk een of ander tyd sal nodig kry...

DOOP VAN "N BABA VAN DIE GEMEENTE
Kontak die kerkkantoor om die doopboekie aan te vra. Vul dan die doopboekie in en kontak dan weer die kerkkantoor om 'n afspraak met die leraar te maak vir die doopgesprek
​
Doop word reg deur die jaar bedien behalwe op Kersdag.
DOOP VAN "N BABA VAN BUITE DIE GEMEENTE
Kontak die kerkkantoor (betyds!) om die datum van die doop, asook 'n gesprek met die leraar wat die doop gaan waarneem, te reël.
​
Doopkategese moet egter by die tuisgemeente gedoen word. Die ouer(s) van die baba moet 'n brief van die tuisgemeente saambring (of dit kan na die kerkkantoor ge-e-pos word) waarin die leraar bevestig dat die doopkategese reeds gedoen is. Die kerkraad gee dan skriftelik toestemming dat die doop in Dias NG Kerk bedien kan word.
​
Die baba se dooplidmaatskap word na die doop na die plaaslike gemeente oorgeplaas.
HUWELIKSBEVESTIGING
Kontak die kerkkantoor om die praktiese reëlings te tref (bv. die datum, die leraar wat die bevestiging waarneem, die gebruik van geboue, behoefte aan 'n orrelis, ens.)
​
Volledige inligting oor kostes is beskikbaar.
​
Indien ons leraar die bevestiging waarneem doen hy vooraf huwelikskategese met die paartjie. Indien die paartjie van 'n ander gemeente afkomstig is doen die leraar van daardie gemeente verkieslik die huwelikskategese, maar ander reëlings kan ook getref word.
​
Maak seker dat die papierwerk (bv huwelikskontrakte, ens.) afgehandel is en die nodige dokumentasie betyds aan die leraar gegee is.


BEGRAFNISSE
Dit is 'n baie hartseer tyd wanneer 'n geliefde oorlede is.
Vir lidmate van ons gemeente
Dit is gewoonlik 'n familielied of die ouderling, diaken of dienswerker wat die leraar in kennis stel.
Stel asseblief ook die Kerkkantoor in kennis.
​
Die familie tref die begrafnisreëlings met die begrafnisondernemer wat dan alle reëlings met die Kerkkantoor tref.
By die afsterwe van inwonende lidmate betaal die familie NIE vir enige vergoeding van die leraar, koster, orrelis of klankdiensspanlid nie. Die gemeente vergoed hierdie persone vir hulle diens. Daar is ook geen koste verbonde aan die gebruik van die geboue nie.
· Verversings : Tee, koffie en toebroodjies ná die diens word deur die lidmaat se wyk gereël. Familie is welkom om ekstra verversings te voorsien.
· Dataprojeksie: Indien die familie foto’s via die dataprojektor wil projekteer, moet die voorbereide PowerPoint vooraf aan die klankdiensspanlid beskikbaar gestel word, sodat dit vooraf uitgetoets kan word. (Kontak die Kerkkantoor om die naam en kontaknommer van die betrokke persoon te kry.)
​
Kostes: Nie-lidmate: Fooie vir die leraar, koster, orrelis, klankdiensspanlid, asook vir die gebruik van ons persele en die skoonmaak daarvan na afloop van die diens, is van toepassing. Kontak die Kerkkantoor vir meer inligting. Verversings word deur die familie gereël.
GEDENKMURE
Daar is ʼn gedenkmuur by die Gemeentesentrum in Port Alfred en by die Kerk in Boesmansriviermond. Kontak die Kerkkantoor indien jy ʾn nissie in die muur wil koop (R1,000). Die afhaal en aanbring van die gedenkstene word deur die Kerkkantoor gereël, maar nie die gravering nie. Familielede neem die steen wat by die nissie afgehaal word na die begrafnisondernemers vir gravering en besorg dit terug sodat dit weer aangebring kan word.
