
Spesiale Programme
Dias Gemeente is bekend vir twee jaarlikse spesiale programme, nl. 'n Paasspel en 'n Kersspel. Sedert COVID-inperkings kon hierdie programme nie aangebied word nie, maar op hierdie bladsye is foto's en inligting van vorige programme

Spiritfest Grahamstad 2019
In 2019 is die gemeente Dias genader om by die Grahamstad Spiritfest op te tree. Onder Irma Venter se leiding, bygestaan deur Claret Kotze en Christa Scheepers is 'n unieke teks ontwikkel en die volledige "cast" was gemeentelede! (Op die groot foto is die mans wat deelgeneem het, saam met Irma Venter (heel regs) en Claret Kotze (op die tafel). Klik op die kleiner foto om na nog meer foto's te kyk




Paasfees 2015
"In die voetspore van die dissipels tot by die kruis". Dit was die tema van die Paasspel in 2015, o.l.v. Irma Venter, bygestaan deur Claret Kotze.






Kersfees 2015 Dias Oos
'n Paar foto's van 'n omvattende Kerssangaand in 2015 in Dias Oos. Harde werk en voorbereidings was alles die moeite werd!



