
ONS VISIE
"Verlos, ter wille van die wêreld"
IN DIAS GEMEENTE WIL ONS GRAAG...
-
God se liefde teenoor alle mense uitleef
-
'n Biddende gemeente wees, gehoorsaam aan die leiding van die Heilige Gees
-
Op verskillende maniere ruimte skep waar almal welkom is en geestelik kan groei
-
Lidmate toerus om met hulle gawes diensbaar te wees
-
Vir mekaar omgee en sorg, terwyl ons oop hande en harte het vir die nood in die omgewing waar God ons geroep het
-
Waardes soos respek, nederigheid, eensgesindheid, eerlikheid en opregtheid koester
-
Binne die diversiteit van ons gemeente aan alle ouderdomsgroepe aandag gee, met 'n baie spesiale fokus op kinders en die jeug
-
Oor kerkgrense hande vat en verhoudinge bou
-
Met goeie leierskap verantwoordelike rentmeesters in God se Koninkryk wees
-
'n Balans handhaaf tussen die behoud van tradisie en die skep van ruimte vir vernuwing
Die gemeente en gemeentelede is diensbaar op vele terreine (georganiseerd en informeel). Op georganiseerde wyse kan lidmate by die volgende bedieninge betrokke raak:
​
-
Getuienisbediening
-
Kommunikasiebediening
-
KAF - Kommissie vir Administrasie en Finansies
-
DVK - Diensverhoudingekommissie
-
Erediensbediening (in Dias Oos en Dias Wes)
-
Jeugbediening (in Dias Oos en Dias Wes)
-
Eiendomsbediening (in Dias Oos en Dias Wes)
-
Barmhartigheidsbediening
​
Lees meer hieroor by Gemeentekommissies en -bedieninge