
Foto's - die Gemeente in beeld!
Gemeentewees kan op verskillende maniere beleef word. Ons probeer 'n bietjie hiervan in beeld vasvang!





Kersdag 2021
Onder die bome in Parkstraat, Boesmansriviermond het ongeveel 400 mense die diens bygewoon. (Klik op kleiner foto om by die fotogalery uit te kom).





JOT - Reading club
Hierdie projek is gesetel in Ekuphumleni woonbuurt in Kenton-on-Sea. (lees meer hieroor by Getuienis- en Uitreikbediening. Klik op die klein foto om by die fotogalery uit te kom.





Huis 6 by MTR Smit Kinderoord
Die gemeente ondersteun die 12 seuns wat in hierdie huis versorg word. Klik op die klein foto om te sien hoe die gemeente in 2019 saamgespan het om voorrade vir die Kinderhuis in te samel.





Paaspelgrimstog - 2021
Op Goeie Vrydag 2021 is 'n Paaspelgrimstog in Boesmansrivier aangebied. Plegripms kon 11 stasies in die dorp besoek, en by die 12de stasie in die kerkgebou gaan stilword. Klik op siw klein foto om by die fotogalery uit te kom.





Geskiedkundig: Boesmansgebou ingewy
Die Boesmanskerkgebou is in 1951 as Kerksaal ingewy, nadat eredienste vorige jare onder bome gehou is.





Kersfees 2021 Boknesstrand
Kersfeesdienste is in 2021 in die buitelug gehou, a.g.v. COVID-inperkings. Hier is die foto's van die erediens in Boknesstrand waar ook meer as 300 mense bymekaar was.